happy-woman.jpg
Die bediening vir Vroue staan bekend as Vroue in Aksie.

Dit bestaan uit verskeie groepe en hulle hande staan vir niks verkeerd nie. Hulle maak byvoorbeeld beurte om Sondae na die Erediens lekker koffie en tee te bedien.

Ander aktiwiteite sluit dinge soos saam kuier, kampe en ander geleenthede in.

Kontak die Kerkkantoor vir meer inligting.

Ondersteuning

By Bonaeropark gee ons vir mekaar om. Ons probeer iets uitleef van Jesus in Matt 25:45 "En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.'"

Woord van God

Woord van God staan sentraal. Ons staan volledig op die Bybel as die Woord van God en deur die Heilige Gees geïnspireer is, groot waarde het om in die waarheid te onderrig , dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek. (2 Tim 3:16)

Almal Welkom

By die Bonaeropark Hawe is almal, enigiemand, altyd welkom. Bonaeropark is 'n hartlike gemeente wat uitreik, omgee, versorg en 'n verskil in mense se lewens probeer maak.
NG Bonaeropark
© 2018 Kopiereg voorbehou. NG Gemeente Bonaeropark