Geestelike groei vir FAMILIES

Die veiligste plek vir ‘n kind in vandag se wêreld is in ‘n familie met waardes

Ons word deur ons omgewings gevorm

Die potensiaal van ons kinders se toekoms is afhanklik van die omgewings wat hulle vorm. Dit is ons as gemeenskap se verantwoordelikheid om ouers by te staan om omgewings te skep wat hulle kinders toerus met die visie en vermoë om agter Jesus aan te leef in vandag se wêreld.

Daarom glo ons dat klein kinders gedoop moet word, om ‘n oomblik vas te maak waar hulle kan weet dat God hulle gekies het om deel van Sy familie te wees. Hulle word dan in ‘n gesin aan ouers toevertrou wat hulle sal help vorm om vir Hom te leef. 

Ons maak een-tot-een tyd vir ons tieners omdat dit so ‘n belangrike tyd in hulle lewens is. Ons struktureer hierdie verhoudings onder ‘n Tiener Mentor Program. Click die prent om meer uit te vind

Hoe help ons die jongmense en kinders op hulle lewenspad?

Deuteronomium 6 help ons verstaan dat mense gevorm moet word terwyl hulle besig is met alledaagse dinge van kleins af.  Daarom is ons fokus:

Vestig hulle op sterk fondasies

Ons glo 'n goeie lewe word gebou op een waarheid: Die Here ons God is die enigste Here. Ons wys ons kinders hoe lyk 'n lewe wat op God gebou word.

Berei hulle voor vir elke lewensfase

Jesus se storie is vir ons 'n voorbeeld hoe om te lewe. Ons uitdaging is om ons kinders te help sin maak van Jesus se waarhede in elke fase van ons lewe.

Rus hulle toe met die nodige skills

Ons glo God se Gees lei ons, ons wil luister na Hom. Ons glo God se Woord leer ons oor ons verhouding met Hom, daarom gebruik ons die Bybel verantwoordelik. Ons glo ons leef as God se mense in 'n gemeenskap saam, daarom dien ons mekaar met ons gawes. Ons het sekere vaardighede nodig in elkeen van hierdie areas en daarom leer ons die nodige skills vir ons kinders.