hoe groei jy?

Kry als wat jy nodig het om geestelike te groei

MG_0018_1210x580_acf_cropped

EREDIENSTE

Eredienste, of byeenkomste wat op God fokus, is al vir eeue deur God se mense gebruik om as ‘n gemeenskap saam te aanbid, Bybel te hoor en te dink oor die lewe saam met God. In hierdie oomblikke vier ons fees en ons huil saam. Ons dra mekaar en daag mekaar uit. Ons reik oor grense uit en ons verbreed ons eie horisonne.

GROEPE

Ons is gebou om in groepe te leef. Gesinne, vriendekringe, werksgroepe, kultuurgroepe, groepe wat belangstellings deel…ons beweeg altyd iewers in een of ander groep. Dis ook waar ons identiteit en vaardighede gevorm word. Ons groei die beste in ‘n groep.

STILTETYD

Die term wat in Lukas 5:16 wat beskryf hoe Jesus homself gereeld eenkant afgesonder het, is “hupochoreo”. Dit bestaan uit “hupo”, wat ‘onder’ of ‘by’ beteken, en “choreo”, wat verwys na plek maak, of aanvaar. So jy plaas jouself onder ‘n ruimte van aanvaarding, of veiligheid. Dit word gekenmerk deur stilte of rustigheid. Die dissipline om jouself af te sonder en na te dink oor God se Woord, jou omstandighede of jou emosies is geweldig belangrik om jou geestelike gesondheid te beskerm. 

Stiltetyd is belangrik vir:

Om te groei is om te lewe, en ons vier die lewe deur saam te groei. 

Laai hulpbronne vir geestelike groei hier af. 

My verhouding met God

Kan mens 'n persoonlike verhouding met God hê? Hierdie werkswinkel ondersoek die prentjies wat ons oor God het, die probleem wat die samelewing met Godsdiens het en hoe God ons help om 'n persoonlike verhouding met Hom te hê.

Die Drie-enige God en jy

Wie is die God wat ons aanbid? Ons leer ken God as Vader, Seun en Heilige Gees, maar wat beteken dit vir ons geloof? Wat beteken dit vir hoe ons oor Hom dink en praat en hoe ons saam met Hom leef?

Jou Geloofstyl

Hoe maak jy sin van die wêreld? Wanneer voel dit vir jou jy is nou besig om met God te connect? Neem hier 'n 10 minuut aanlyn assessering en kyk bietjie wat jou geloofstyl is.

Jou Geloofslewe

Wat is die bestanddele van 'n Lewendige Geloof? Hierdie Gespreksgids lei jou deur 7 gesprekke waardeur God jou geloof nuwe lewe kan gee!

Vergewe soos Jesus

Hoe vergewe mens regtig? Sonder om net die leë woorde te gebruik van "ek vergewe jou", maar opreg vergewe soos wat Jesus ons leer? is dit enigsins moontlik? Ons kyk hier na Jesus se stappe om soos Hy te kan vergewe.

Soos Jesus

Hennie Stander, 'n teoloog, en Kobus Neethling, 'n kreatiwiteitskenner, gee vir ons praktiese riglyne hoe om soos Jesus te dink, voel en leef in hulle boek, Soos Jesus. Ons leer saam hoe leef ons soos Jesus.

Roeping

Waarvoor is ek hier? Waarvan is ek deel? Hoe antwoord ons die lewe se grootste vrae? Kom leer hoe ons te werk gaan om sin te maak van ons doel in die lewe.

Christenskap in hierdie wêreld

Om 'n Christen te wees is al lankal nie meer die norm nie. Ons het vaardighede nodig om ons geloof getrou uit te leef in vandag se wêreld. Ons kyk in hierdie werkswinkel ook na maniere om in gesprek te tree met ongelowiges.

Blindekolle

In Markus 10 lees ons van 'n man wat vir Jesus vra om net te kan sien. Ons eie vooroordele verblind ons vir baie waarhede in ons lewe, en hierdie blindekolle is die wortel van rassisme, nasionalisme en vele ander mure wat ons verhouding met God en die uitbou van sy koninkryk belemmer. Hoe leer ons ook sien, sodat ons vry kan wees van ons blindekolle?

When we face the lie that we are what we have and in silence learn to listen, God says, “My pleasure over you is all you need.”

When we stop our frenetic activity and face the lie that we are what we do, God says, “You are my beloved.”

When we withdraw into our own interior solitude to face the lie that we are what others think, God says, “My child, rest in the grace of the truth that you belong to me.”

 

Form The Sacred Enneagram by Christopher Heuertz

Ons BENADERING
tot geestelike groei

Wanneer ons dink aan geestelike groei, dan besef ons dit is een van daai dinge wat nie altyd so maklik is nie. Daarom het ons vir onsself eenvoudige modelle gesoek wat ons kan help om ons groei prosesse te help. 

Ons begin deur God te LOOF en ons harte en verstand in te stel op Hom. Daarna LUISTER ons na Sy Woord en na ander stemme, sodat ons perspektief kan kry. Laastens soek ons na die beginsels wat ons lei om te LEEF soos God ons lei.

LOOF

Ons begin by ons plek as God se kinders, ons erken Hom as ons Vader, wat almagtig is, die Seun, Jesus Christus wat vir ons die pad oopmaak na God toe en ons red uit ons siek, seer en swaarky, en die Heilige Gees, wat ons troos en lei in hierdie waarheid.

LUISTER

Ons is ontvanklik vir God se Woord wat ons vorm en leer. Ons is ook oop om na ander stemme te luister as waaraan ons gewoond is, sodat ons buite ons eie beperkinge en blindekolle kan groei.

LEEF

Ons lewe is gebou op die verstaan dat God met ons besig is en ons nooi om saam met Hom in sy wêreld te werk. Daarom gaan leef ons met die wete dat ons loop, en staan en stil-sit by God begin en ons beweeg dan uit onder Sy wil en deel van Sy missie.

VOLG ONS BONAEROFAMILIES BLOG

PODCASTS | VIDEOS | GESPREKSGIDSE VIR GESINNE OM GEESTELIK TE GROEI