WAT ONS GLO

EN HOE ONS JESUS SAAM VOLG

Ons
Glo in God

Soos enige Hawe aan die vasteland
vas is, vestig ons alles wat ons bou in ons lewe op die Drie-enige God, Vader,
Seun en Heilige Gees, en dit het sekere implikasies.

WAT GLO DIE NG KERK?

Ons volg die God waaroor Jesus gepraat het

Ons is oortuig Jesus Christus, wat in die eerste eeu gesê het Hy self is God, is ons toegang tot die Almagtige wese, wat die heelal soos ons dit ken, geskep het. Hierdie God is vandag deur sy Gees by en tussen ons, waar Hy besig is om die verhouding te herstel tussen Hom en die mensdom.

“Wie my sien, sien die Vader” – Jesus (Joh 14)

Ons lewe reflekteer die waarheid wat God ons wys

Ons glo die storie wat ons oor God hoor soos wat dit vasgevang is in die Bybel, wat oor eeue heen gevorm is om ons te help om sin maak van ons verhouding met God. 

In hierdie verhouding ontdek ons ons roeping, of anders gesê, ons weet hoekom ons hier is.

Die Bybel is God se geskenk sodat ons Hom kan leer ken

Ons leef ons roeping

Ons reageer op ons roeping op sekere maniere en dit is ook hoe ons doelgerig in eenheid saam werk in God se Koninkryk. Ons glo ons roeping word uitgedruk in hoe ons diensbaar is waar God mense in sy Koninkryk INBRING, as Hy hulle as deel van sy gemeenskap VERSORG, waar Hy hulle TOERUS vir hulle diens in die Koninkryk en waar Hy hulle UITSTUUR na 'n wêreld in nood.

ONS GEMEENTE IN PRENTJIES