Waar God ons Inbring, Versorg, Toerus en Uitstuur,
sal ons Aanbid, Kuier, Dien en Vertel
God bring ons in Sy familie in waar ons Hom aanbid. As ‘n Vader versorg Hy ons as sy geloofsgemeenskap, hier kuier ons. Die Heilige Gees rus ons toe om mekaar en ander te dien met sy liefde. En Jesus Christus stuur ons uit om Sy goeie nuus te vertel: Die Koninkryk is hier!!
Hoe vergewe mens regtig? Sonder om net die leë woorde te gebruik van "ek vergewe jou", maar opreg vergewe soos wat Jesus ons leer? is dit enigsins moontlik? Ons kyk hier na Jesus se stappe om soos Hy te kan vergewe.