WAAR GOD ONS INBRING, VERSORG, TOERUS EN UITSTUUR

SAL ONS AANBID, KUIER, DIEN EN VERTEL

JY VAAR NÁ JESUS TOE, OF SAAM MET HOM NA MENSE TOE,

WAT HET JY VIR JOU GELOOFSREIS NODIG?

DIS NIE NET JY NIE...

Almal beleef die chaos. Almal voel asof dinge enige oomblik inmekaar gaan stort. Daar is genoeg wat aangaan in ons lewens wat ons onseker en sonder hoop kan los. Die wêreld kan donker lyk.

Ons gemeenskap leer saam sien hoe en waar Jesus se Lig in hierdie donkerte inskyn.

BY DIE HAWE SKEP ONS SPASIES WAAR GOD ONS INBRING IN AANBIDDING, VERSORG WAAR ONS SAAM KUIER, TOERUS OM TE DIEN EN UITSTUUR OM SY STORIE TE VERTEL

VAAR IN

Jy kan deel wees van alles wat by die Hawe gebeur!!
Hier is Bybelstudie materiaal, registrasie vorms, lidmaatskap inskrywing, als wat jy nodig het om in te skakel.

Nog iets wat jy dalk nodig het...

Hier is prentjies van berge. Dit help soms om net vir berge te staar om weer perspektief te kry. as jy nog hulp hier nodig het, gesels met ons. Dis Jou Hawe.