Βabas en hulle ouers ontdek God se ongelooflike liefde op interaktiewe en kreatiewe maniere. Ouers kry ook kans om te leer oor dissipline, roetine en ander belangrike ouerskap beginsels.
Klueters speel en sien alles met nuwe oë! Dan hoor ons die Bybelstories met opgewondenheid en nuuskierigheid op speel-speel maniere
Ons Gr 4-7's is in 'n tussen-in fase waar hulle kind wees klaarmaak en en begin sin maak van die tienerwêreld. Ons mentors help hulle op hierdie reis.
Nou kan ons begin verstaan hoe lyk 'n geloof wat geleef word. Ons tieners stoei met die lewe se moeilike vrae en begin oefen hulle gawes waarmee God hulle identiteit vorm gee.
Wat het ons om die wêreld te bied? Watter probleme kan ons vir mense oplos? Waarnatoe roep God my? Ons Jong Volwassene groepe vind hulle voete in God se nuwe wêreld.
Van beroepe, ouerskap tot die moeilike gesprekke oor finansies en depressie, Manne en Vroue dra mekaar leer hoe om leiding te neem in hulle huise en gemeenskappe.
In hierdie pragtige fase van 'n mense se lewe kan seniors saam kuier, pret aktiwiteite saam geniet, en wysheid deel soos die jonges dit nodig het, wat 'n voorreg om geseënd te wees met ouderdom!